SNP kies prefekte
Op 22 Oktober gaan daar ’n lekker ‘Sewe’s Sportsdag’ plaasvind en spanne kan ingeskryf word teen R350 per span.
SUID-NATAL Primêr se Landsdiensklub het hul huise fyngekam vir enige bruikbare artikels en klubleiers het sakke vol klere, speelgoed, kombuisware en linne aan hospice geskenk.
Gr 7 leerlinge het elkeen ’n geleentheid gekry om monitor te wees.
Na drie kwartale is prefekte gekies en hulle is alle sterkte toegewens. Zarike Gouws en Renier Jacobs is as hoofprefekte gekies en Wilmare Labuschagne, Carla Kretzschmar, Nickey Oosthuizen en Dillon van der Merwe onderhoofleiers.
Op 22 Oktober gaan daar ’n lekker ‘Sewe’s Sportsdag’ plaasvind by die skool en spanne kan ingeskryf word teen R350 per span.
Die vierde kwartaal gaan leerlinge op hul tone hou met swem, krieket, eksamens en prysuitdelings, onder andere gebeure.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
