Hoërskool Suid-Natal het hokkie, netbal en rugby gespeel en ‘n heerlike sportdag beleef.
Die hokkiedogters eerstespan het hul wedstryd teen Port Natal aangepak met goeie spanwerk en ongelooflike spel en wen met ‘n telling van 7-0.
ALSO READ : Hoërskool Suid-Natal wins team talk compo
Suidies se netbalspanne moes die knie buig teen Port Natal. Alhoewel die drie Suidies spanne verloor het, het hulle aanhou speel tot die einde. Dit is hoe karakter gebou word! Koppe op en gee nooit op nie.
Die rugbyspanne het hul wedstryde in goeie gees gespeel. Die O14 en O16 manne wat teen King Edward gespeel het, het ongelukkig net-net verloor.
Die O15, tweedes en eerste spanne speel teen Port Natal en het briljante rugby gespeel.
Die O15 en tweedes wen albei hul wedstryde gemaklik. Die eerste span het na ‘n naelbyt wedstryd en deur puik rugby wat gespeel was, as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n telling van 19-17.
Wel gedaan manne!
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
