Suid-Natal Primêr se gr 1 leerlinge is besig om oor veiligheid te leer – veiligheid op die pad, teen vreemdelinge en in en rondom die huis.
Veiligheid van leerlinge is hoogs prioriteit vir die skool en daar is baie opgewonde oor die vrugte wat die onderrig gaan oplewer.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr is trots op kolwer Riaan
Dit was ook die gr 1 se beurt vir markdag by die skool. Baie dankie aan ouers, personeel en jong entrepreneurs.
SNP was behoorlik aan die gons omtrent die gr R se Kaskar resies. Skulpie en Vissie klasse het ‘n goeie poging aangewend maar die Dolfyntjie klas het weggestap met die wen-beker vir die derde jaar in ? ry.
Rugby, netbal en hokkie spanne het verlede week deelgeneem aan ‘n groot sportbyeenkoms teen Kuswag. Dit was ‘n volgepropte program en spelers het hul beste gelewer en die dag baie geniet.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
