Suid-Natal Primêre Skool se gr 2 leerlinge is tans hard besig met fisiese LO en leer soveel nuwe aksies, insluitende optrekke en ander spierbou aktiwiteite, van LO onderwysers.
Die skool het saam met vele ander skole aan Port Shepstone Senior Primary se sportdag deelgeneem verlede naweek.
ALSO READ : Suid-Natal Primêr is hard aan die oefen
Junior en senior A rugbyspanne het verteenwoordig. Die senior A span was onoorwonne en die junior A span het 1-gelykop gespeel.
Die Senior A netbal span was ook onoorwonne en het 1-gelykop gespeel.
Suidies het dit baie geniet en wil graag vir Port Shepstone Senior Primary sê welgedaan vir ‘n puik toernooi.
Die jaarlikse fietsry marathon is ‘n hoogtepunt op die skool se kalender vir leerlinge en ouers.
Elke graad het ‘n kuipe (pitstop) wat hulle mooi moet versier en die wenner word aangekondig terwyl die fietsry marathon onderweg is. Dit is groot pret vir die hele gesin.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
