Die hoogtepunt van die jaarlikse sportseisoen is die kragmeting tussen Hoërskool Suid-Natal en Port Shepstone High.
Rugby: Die O15 span verloor net-net teen Sheppie. Die O16 manne was ook in ‘n taai wedstryd gewikkel en loop as trotse wenners van die veld af.
ALSO READ : Suid-Natal High celebrates 50 golden years
Diepte het by die Suidies se tweede span ontbreek en moes dus die knie teen Sheppie buig.
Suidies se eerstespan maak geskiedenis – vir die vyfde jaar in ‘n ry stap die Suidies eerstespan as oorwinnaars van die oorlogveld af.
Netbal: Suidie dogters het nie as wenners uit die stryd getree nie, maar het hard gewerk tot op die einde – welgedaan.
Hokkie: Die O16 span het ‘n goeie vertoning gelewer en Sheppie oortuigend gewen.

Die tweede span het goed gespeel, maar moes die knie voor Sheppie buig.
In ‘n naelbytwedstryd, met goeie spel gelewer, het Suidies se eerstespan as wenners uit die stryd getree.
Soos altyd het Sheppiedag aangenaam en opwindend verloop.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
