Soms laat die weer ons as kinders en grootmense voel of ons hele dag ‘onderstebo en agterstvoor’ gaan wees.
Die Graad R leerders het dit baie geniet om ‘anders’ te lyk en het ook geleer dat dit belangrik is om klere korrek aan te trek.
Die SPO 3 klas het 2D mandalas in die klas geteken en ingekleur.
Daarna moes hulle ‘n 3D mandala ontwerp en maak met herwinbare materiale bv. sade, krale, sand, stukkies lap ens.
Die leerders het die baie geniet en was baie trots op die eindproduk.
Leerders is hard besig om voor te berei vir die aankomende assesserings en eksamen en ons wens hulle baie sterkte toe!
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
