Graad 7 leerders van Suid Natal Primére Skool het deelgeneem aan ‘n opstel skryfkompetisie met baie interessante realiteitsonderwerpe.
Die onverwagte jaar van 2020, die stekeljaar van 2020, Maskers, Handewas en afstand en Hoe vreemd was toepaslike onderwerpe wat leerders uitstekend op papier vasgepen het.
Baie dankie aan die ATKV-Suidkus Tak wat verantwoordelik was vir die reëlings en die bepunting van die skryfwerk.
Geluk aan Doné Pretorius wat die beoordelaars beïndruk het met haar skryftalent.
Jaime Greyvenstein en Zelmari Mans verower tweede en derde prys onderskeidelik.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
