Meneer van as my jas sal u nie pas.
Die Graad 3s was in hulle noppies om die laaste week oor die sonnestelsel te leer.
Soveel so dat die Graad 3 juffrouens reg moes staan met al hoe meer inligting daaroor.
Vra enige Graad 3 Suidie om die planete op te sê en hulle begin trots met die rympie “Meneer Van As My Jas Sal U Nie Pas.”
Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus, Neptunus en Pluto, maar ons almal weet Pluto is nie meer as ‘n planeet beskou nie, want dit is te klein.
Pluto is nou as een van die dwerg-planete gesien waarvan ons nog bitter min weet.
Vir kuns het die Graad 3s Ruimteskepe met toilet rolle ontwerp en daarna die sonnestelsel met al die planete geteken.
Gevra wat hul gunsteling planeet is sê ‘n Graad 3 leerder “Saturnus , want daar is ‘n groot kring om en ek sou graag daarop wou gly.”
‘n Ander leerder hou weer van Pluto want dit is ‘n dwergplaneet en sy is ook klein.
Daar is beslis ‘n hele paar leerders wat toekomstige ruimtereisigers wil wees.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
