Ten spyte van Covid-19 wat sport by skole beperk, hou ons Suidies vol met ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite.
Ryan Thomas in Graad 2 en Giancarlo Ferrante in Graad 3 is ‘n krag om mee rekening te hou.
Ryan en Giancarlo het beide vroeër die jaar twee medaljes in onderskeidelik ‘kickboxing’ en karate verower! Wel gedaan manne!
Graad 7s is tans besig om te leer van die sonnestelsel in Natuurwetenskap. Daar word gebruik gemaak van verskillend illustrasies om hulle met die onderwerp te help.
Met die jaar wat na ‘n einde toe staan is ons Suidies hard besig met voorbereiding vir die komende eksamen en assesserings en ons wens vir al ons leerders sterkte toe daarmee.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
