Dit is lekker om by die skool te wees!
Wie het geweet dat skool so opwindend kan wees in Graad R?
Ons nuwe klein Graad R maatjies is reeds baie tuis by die grootskool en word slim so speel-speel.
Met die begin van die jaar in volle vaart is ons leerders baie bly om weer terug by die skool te wees.
Ons is reeds hard besig om te werk en leer vir ons eerste toetse.
Die hoogtepunt vir baie van ons leerders is die sport wat weer voortgaan.
Daar word hierdie week swemuitdunne gehou vir volgende week se gala en ons leerders geniet ook rugby, netbal, hokkie en krieket.
Wel gedaan Suidies.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
