NewsSchools

Nuwe rekords opgestel by Suidies

Ons het verlede week teen Creston College krieket gespeel met ons junior en senior spanne.

Die senior primêre interhuis swemgala van Donderdag, 10 Februarie 2022 was ‘n reuse sukses. Daar is op die dag ‘n totaal van agt nuwe rekords opgestel. Baie geluk aan al die swemmers!

214 Medaljes is uitgedeel aan die swemmers wat met vergunning gebord is deur Halfway Toyota Shelly Beach. Ugu Aquatics het die skool bygestaan met beamptes en die tydhousisteem en ook ‘n skenking gemaak aan ons voedingskema.

Ons het verlede week teen Creston College krieket gespeel met ons junior en senior spanne.

Ons het drie van die vier wedstryde gewen. Goeie spanwerk is gelewer deur al die seuns.

Baie geluk Suidies, ons is trots op julle!

Dit het gelyk soos ‘n see van rooi en wit met ons leerders in hul sivviedrag vir valentysdag. Mens kon die opgewondenheid en afwagting in die lug voel. Al die leerders en personeel kon deelneem aan ‘n heerlike koekverkoping op die reënirige liefdesdag en dit was ‘n sig van gelukkigheid!

Met ons leerders reeds besig met assesserings en sport en kultuur op dreef, voel dit amper weer soos die dae voor ‘Covid’.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button