By Suid-Natal Primêre Skool leer ons Graad 1s nie net om te klank, lees en van nommers nie.
Daar is altyd tyd om ‘n bietjie pret te hê. Ons het in Engels gelees van kleurvolle narre en al hulle snaakse maniertjies.
Die leerders het toe die geleentheid gekry om hulle kreatiwiteit uit te leef deur hulle eie narre te teken en in te kleur tydens kunsperiode.
Suid-Natal Primêr het ‘n dubbel-paaltjie toernooi aangebied.
Al ons krieket spanne het baie goed gevaar maar die Junior A span het besonders goed gevaar in die toernooi en het die dag ge-eindig deur die eerste plek te deel.
Die Junior A Suidie krieket span het later die week ook teen Port Edward Primary gespeel waar hulle baie goed gewen het.
Tot op datum, is ons Junior A Krieket span onoorwonne! Wel gedaan manne!
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
