NewsSchools

Suidies recycle materials into animals

R A Engar Primary Skool het ‘n Mini Krieket werkswinkel aangebied waarvan 3 van ons onderwysers bygewoon het.

Die SPO leerders het vir skeppende kuns gebruik gemaak van rommel materiaal om hulle gunstelling dier te maak. Hulle het eers goeie beplanning gedoen, die materiaal bymekaar gemaak en toe hulle diere gemaak. Die belangrikheid van herwinning is dus by hulle tuisgebring.

Van ons leerders het deelgeneem aan die Ugu skole se veldnommer atletiekbyeenkoms. Veels geluk aan Chloe Barnard met ‘n goue medalje in gewigstoot, Anika du Toit wat ‘n goud in diskus en silwer in hoogspring en Helené Robbertse met ‘n bronsmedalje in gewigstoot.

n Paar van die SPO 3 leerders se kunsprojekte. Wel gedaan julle!

Ons is baie trots op ons atlete!

R A Engar Primary Skool het ‘n Mini Krieket werkswinkel aangebied waarvan 3 van ons onderwysers bygewoon het. Die reëls is hersien sowel as hoe om telling te hou. Al die skole wat die aangeleentheid bygewoon het, het ook ‘n KFC Mini Krieket stel ontvang.

Ons leerders het aan verskeie krieketwedstryde deelgeneem verlede week en dit vreeslik geniet. Ons is baie trots op al ons leerders wat so graag deelneem aan die sport en hulle ouers wat so goed kom ondersteun!

Ons is trots om Suidies te wees!

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button