Local newsNews

Paasfees kondig Christus se oorwinning oor die bose magte aan

Margate is ’n gasvrye gemeente wat die evangelie van Christus se onverdiende goedheid en liefde verkondig.

Die teoloog, Karl Barth, het eenkeer oor Paasfees opgemerk: ”Paasfees kondig Christus se oorwinning oor die Bose magte aan. Die oorlog is verby al is daar nog hier en daar soldate wat skiet, omdat hulle nog nie gehoor het van die oorwinning nie. Die skaakspel is gewen. Al kan die verloorder nog ’n paar skuiwe maak is hy reeds skaakmat.”

Die NG kerk Margate nooi al die besoekers en inwoners van die Suidkus van KZN na ons jaarlikse Goeie Vrydag en Paasfees dienste toe. (Sien advertensie).

Margate is ’n gasvrye gemeente wat die evangelie van Christus se onverdiende goedheid en liefde verkondig. Ons het twee preekpunte, op Margate en Port Edward.

Kom soos u is na die Nagmaal op Goeie Vrydag en die Sondagoggend se erediens. Ons sien uit om u in ons midde te ontvang. Geniet die skoonheid van die Suidkus en rus lekker!

Dr Mike Heaney, NG Kerk, Margate

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button