NewsSchools

Besige week by Suid-Natal Primêr

Onder 12 seuns is Aiden Cloete, Aiden du Plooy, Juan Smith, Reinhardt van der Merwe, Juan Lindique.

Die Suidie-leerders woeker met hul akademie. Kwartaal twee se akademiese program is in volle swang na die heerlike vakansie.

Daarmee saam sien leerders en onderwysers almal uit na ‘n besige en pret sport- en kultuurprogram.

Veels geluk aan die volgende seuns wat gekies is vir die Laer-Suidkus Rugby Span. Hulle neem hierdie week aan die Suidelike KZN (UGU) Rugby proewe deel.

Onder 12 seuns is Aiden Cloete, Aiden du Plooy, Juan Smith, Reinhardt van der Merwe, Juan Lindique. Onder 13 seuns is Matthew Rothaus, Stefan Labuschagne, Tristan Kotze, Marko Fritz, Keagan Koekemoer, Gerhard Nel en Rio Saliba.

Ons senior dogters het ook aan die UGU proewe deelgeneem. Veel geluk aan Chinique du Plessis (Onder 12) en Corné Klooster (Onder 13) wat die spanne gehaal het!

Ons is voorwaar trots op al ons sportsterre!

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button