Oppiplankies bied aan Kokkerdil-trane, want Krokkodil kan mòs huil en Suid-Natal Primêr se leerders weet nou wat emosies is!
Suid-Natal Primêr se onderwysers het ‘n puik produksie vir hul leerders aangebied. Dit het gegaan oor die hantering van jou emosies en wat om met al hierdie gevoelens te doen. Dit lyk of kommunikasie belangrik is! Die krokkedil se hart was seer, maar juffrou Olifantasties en die ander diere het haar geleer om te glimlag…
Want as jy glimlag, blink jou ogies en as jy glimlag, voel jy goed. As jy glimlag, trek jou lippies tog so vriendelik en soet!
Die leerders is al vanaf kwartaal 1 besig om broodsakkieknippies te versamel. Die skool poog om genoeg in te samel om ‘n rolstoel aan iemand behoeftig te skenk.
Leesprogramme word geïmplimenteer in die skool om die liefde vir lees in kinders aan te wakker. Leerders geniet leestyd met ‘n verskeidenheid boeke tot hulle beskikking.
Baie geluk aan ons Suidie Personeel wat gekies is om die Suidelike KZN spanne te verteenwoordig: Mnr. A. Zietsman en Mnr. I. Verster as O/13A rugby afrigters, Me. A. Mulder as O/13 meisies hokkie afrigter en Mnr. Q. Janse van Rensburg as skeidsregter.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
