Suid-Natal Primêre skool staan vir kwaliteit onderrig en leer met hoë standaarde met akademie.
Prestasies wat vergelyk met die beste en hiervan is Stefan Terblanche voorwaar ‘n voorbeeld. ‘n Vriendelike 6 jarige graad R leerder wat al met hulp, bystand, ondersteuning en samewerking van sy ouers en skool reeds Afrikaans en Engels kan lees.
Uitsonderlike prestasies met akademie word deurlopend deur vele onder leerders behaal ten spyte van huislike omstandighede en baie ander uitdagings in die gemeenskap. ‘n Skool met ‘n strewe en missie vir veiligheid en sekuriteit.
Akademiese onderrig en leer, dissipline en sinvolle effektiewe kommunikasie met al die rolspelers vir wie die opvoeding van kinders belangrik is.
Ons bedank en maak melding van die toegewyde; innoverende en hardwerkende onderwysers en personeel wat elke kind se beste belange altyd eerste stel, ondersteun en motiveer om nog hoër prestasies te kan behaal.
Die geborge atmosfeer en klimaat by die skool verseker en skep geleentheid aan elke leerder om balans te handhaaf tussen akademie, kultuur en sport. Beginsels, lojaliteit, trots en selfrespek is elke Super Suidie se strewe.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
