Die Graad 6 leerders van Suid-Natal Primêre Skool het hul Kwartaal 2 eksamen afgeskop met Natuurwetenskappe.
Leerders is pligsgetrou in hul skoolbywoning en ag hul tyd belangrik om na skool klasse by te woon ter voorbereiding vir die eksamen. Hierdie Suidies is trots op hul akademie!
Veels geluk aan Liam Venter wat deelgeneem het in Durban aan die Landloop Klubkampioenskappe. Hy het ‘n eerste plek behaal in ‘n tyd van 7 minute 58 sekondes (2km) en daarmee gekwalifiseer om deel te neem aan die SACSSA Provinsiale rondte in Kranskop op 11 Junie 2022.
Die skool is baie trots op Liam met sy uitstekende prestasie!
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
