Met die eksamens op ‘n einde en die vakansie in sig heers daar ‘n opgewondenheid in die lug.
Ons leerders het reeds met nuwe werk begin en sien uit na ons landloopinterhuis wat voor die einde van die kwartaal nog aanbreek.
Verlede week het Graad 1, 2 en 3 intern aan netbal- en rugbywedstryde deelgeneem.
Al die leerders het geleentheid gekry om twee tot drie wedstryde te speel.
Leerders en ourers het goeie gees openbaar en die dag terdeë geniet.
ALSO READ: Akademiese uitnemendheid by Suid-Natal Primêr
Dankie aan al die ouers wat ondersteuning aan al die besige, energieke leerders verskaf het.
Veels geluk aan Liam Venter wat weereens ‘n eersteplek behaal het by die landloop in Kranskop.
Hy ontvang ook hiermee sy KZN kleure vir landloop en gaan deelneem aan die SA kampioenskappe in Ermelo.
Ons is geweldig trots op Liam met hierdie uitstekende prestasie.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
