Kersfees is ‘n ongelooflike, tasbare seisoen
Nee, kom ons haal dit uit; drink daaruit; leef daaruit en deel dit ook met ander.

Die seisoen van Kersfees is ‘n ongelooflike, tasbare seisoen hier aan die Suidkus. Ons is baie bevoorreg om dit te deel met vakansiegangers wat van oraloor kom.
In hierdie Kerstyd dink ons aan Maria se ervaring waar sy die kosbare nardusolie oor Jesus se voete gooi en dit met haar hare afdroog. In hierdie handeling verstaan Maria iets van die dringendheid van teenwoordig-wees. Ons het net hierdie oomblik in tyd.
Ons gebed vir elkeen tydens hierdie Kersseisoen is om opnuut bewus te word van wat dit beteken om saam met God te leef. Kom ons bêre nie die ewige lewe soos ‘n mooi teekoppie nie. Nee, kom ons haal dit uit; drink daaruit; leef daaruit en deel dit ook met ander.
Mag hierdie Kersfees vir u elkeen ‘n besonderse oomblik wees.
NG Kerk Margate
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
