Local news

Suidkus Smulfees was ‘n ware vreugdefees

Die heerlike kos, van pannekoek tot braaivleis, het groot byval gevind terwyl winskopiejagters hoog in hulle noppies was met die aanbiedinge van klere en tweedehandse huishoudelike artikels.

Vir die groot getalle besoekers vanoor die Suidkus was die naweek se Suidkus Smulfees by die Hoërskool Suid-Natal ‘n ware vreugdefees. Die heerlike kos, van pannekoek tot braaivleis, het groot byval gevind terwyl winskopiejagters hoog in hulle noppies was met die aanbiedinge van klere en tweedehandse huishoudelike artikels.

Die vermaak was uit die boonste rakke en veral die immergewilde Skotse doedelsakorkes het bygedra tot die feestelike atmosfeer.

“Die vreugde het egter baie verder gestrek as die kos, winskopies en vermaak” së een van die organiseerders van die fees. “Die NG gemeente Port Shepstone wou ‘n feestelike geleentheid skep vir die groter Suidkus geloofsgemeenskap om te kon skouers skuur en diensbaar te wees en dit was wonderlik om te sien dat so baie mense van verskillende tale, kulture en geloofsoortuigings kon deel in die vreugde. “Die gemeente wou in die besonder vir behoeftige mense bruikbare items en waardevolle klerasie beskikbaar stel om so die nood in die gemeenskap aan te spreek. Dit was ook ‘n voorreg om in samewerking met Suid-Natal Laerskool behoeftige kinders en gesinne by die Smulfees te bederf. Die feestelike atmosfeer was fenomenaal en die gemeente is dankbaar dat daar soveel warmte, omgee en liefde by die Smulfees uitgestraal is.”

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button