Schools

Suidies gaan groot in Kwartaal 3

Suid-Natal skool nuus.

Ons hier by Suid-Natal is baie opgewonde om weer terug te wees by die skool na ‘n lekker ruskans. Ons gaan groot in Kwartaal 3. Ons is tans besig om hard te oefen en fiks te word vir die Atletiek-Interhuis.

Groot is die opwinding oor die Eisteddfod wat die kwartaal aangebied word. Daar word met groot ywer aan verskeie items geoefen. Die entoesiasme van die leerders is aansteeklik en die opwagting na die week vanaf 22 – 26 Augustus 2022 is groot.

Sonja Herholdt en Tjokker kom lê ook besoek af by die skool .

Jayden Oosthuizen en Giancarlo Ferrante het die afgelope tyd top prestasies in die karate wêreld behaal.

Jayden en Giancarlo, karateka van Suid-Natal Martial Arts Academy is deel van die Protea Span en is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig by die “Youth Cup” in Kroasië sowel as die State Bond Spele in Engeland.

Hulle het Suid Afrika verteenwoordig by die AUSC REGION SOUTH in Durban waar Jayden ‘n brons en Giancarlo ‘n silwer medalje ontvang vir kumite.

Die karateka het Junie maand aan die Arnold Classic in Johannesburg deelgeneem waar Jayden ‘n goue medalje en Giancarlo ‘n silwer medalje ingepalm het. Die leerlinge het die vakansie aan die SA ope in Durban deelgeneem en ons wag nog vir hulle resultate.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button