Schools

Ons Suidies is besig!

Suid-Natal nuus.

Dankie aan al die ouers wat die oueraand bygewoon het.

Ouers het geleentheid gehad om met die onderskeie onderwysers leerders se akademiese werk te bespreek.

Veels geluk aan CJ Knoesen wat ‘n brons medalje verower het by die KZN karate kompetisie in Umhlanga.

Veels geluk aan 23 Graad 7 leerders wat ‘n akademiese balkie ontvang het vir gemiddelde van 80% en hoër in al hulle vakke.

Ons Graad 1 groep het ‘n suksesvolle markdag aangebied en al die leerders het gesmul aan al die eetgoed en lekkernye wat te koop aangebied was.

Die Graad 5 leerders werk baie hard aan hul akademie.

In Aardrykskunde is hulle tans besig om oor wind-rigting te leer wat deel maak van die vier weerelemente.

Waar die wind vandaan kom, gee hom sy naam.

Windkouse en vlae waai as gevolg van die wind en kan vir ons aandui wat die wind se naam is.

Leerders is ook hard aan die oefen vir die opkomende Interhuis Atletiek dag wat plaasvind op 18 Augustus

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button