Schools

Eisteddfod koors by Suides

Skool nuus.

Die hele skool is behoorlik aan die gons in voorbereiding van die Eisteddfod wat in samewerking van die ATKV-tak KZN Suidkus gereël word.

Kategorieë waarvoor die leerders inskryf is onder andere: Spreekkore, Lees, Individuele Voordrag, Redenaars, Musiek stukke, Kore, Danse en Kuns stukke. Elke inskrywing word deur ‘n beoordelingskomitee beoordeel en daar is pryse vir die eerste drie plekke.

Veels geluk aan Kayla Jacobs, Anne-Bell Pieterse en Marnique Pieterse met die uitstekende opstelle wat hulle geskryf het!

ALSO READ: Ons Suidies is besig!

Ons graad 6 en 7 leerders het deelgeneem aan ‘n opstel kompetisie wat deur die ATKV Suidkus Tak aangebied was. Leerders het hulle kreatiewe denke uitgebeeld in die onderwerpe: Toekoms drome en Boekwurms. 3de Plek is toegestaan aan Kayla, 2de plek aan Anne-Bell en 1ste plek aan Marnique!

‘n Naam wat gereeld genoem word hier by Suid-Natal Primêre, is Liam Venter, ‘n graad 4 leerder van ons skool. Liam het aan die Suid-Afrikaanse landloop kampioenskappe in Ermelo deelgeneem en ‘n silwer medalje verower! Hy het ook hiermee sy nasionale kleure verower. Wel gedaan Liam, ons is baie trots op jou!

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button