Fietsry-marathon by Suid-Natal Primêr
Die kinders en ouers maak beurte om om die rugbyveld te ry en ons kyk watter graad die meeste rondtes gedoen kry.
Die hele skool se opgewondenheid oor ons jaarlikse fietsry-marathon is duidelik sigbaar.
Liggies, kos, fietse, gelukkige kinders en ouers. Die Suidie fietsry-marathon is ‘n hoogtepunt op ons skoolkalender. Die kinders en ouers maak beurte om om die rugbyveld te ry en ons kyk watter graad die meeste rondtes gedoen kry. Die grade se ouers het kuipe wat versier word en daar word saam kos gemaak en saamgekuier, dis ‘n fees!
Die Ligdraers-klub het pannekoek en koffie verkoop tydens die skool se Interhuis om fondse in te samel vir die DBV. Ons is ontsettend trots op ons leerders en ouers wat ons ondersteun het om ‘n merkwaardige bedrag geld in te samel.
Die hele skool het ook die geleentheid gehad om dierekos skool toe te bring. Ons was vriendelik ontvang by die DBV waar ons vir hulle ‘n hele kattebak vol dierekos oorhandig het.
Baie dankie aan alle ouers en leerders wat ons ondersteun het met hierdie projek!
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
