Schools

Trouklokkies by Suid-Natal Primêr

Vier van die skool se personeel is getroud.

Die trouklokkies het hierdie jaar behoorlik onder die personeel van Suid-Natal Primêre skool gelui. Vier van ons personeel is getroud.

Meneer Jaques Coetzee en Juffrou Charné Coetzee is op 18 Junie 2022 getroud, Meneer David van Wyk en Juffrou Leoni van Wyk is op 10 September 2022 getroud en Meneer Jaco Coetzee en Juffrou Monique Coetzee is op 12 November 2022 getroud.
Baie, baie geluk en ons wens julle net voorspoed toe!

Graad 4 – 7 leerders het begin met November-eksamen en is besig om rekenskap te gee van hulle akademiese kennis.

Ons mini-krieket seuns het uitstekende kolf-en bouloefening gehad deur aan 2 suksesvolle toernooie deel te neem by ons eie skool en by South City College. Die opgewondenheid was baie groot en was duidelik te sien met hardloop tussen die paaltjies, goeie veldwerk en entoesiastiese kolfwerk.

Groot dank aan al die ouers vir die ondersteuning met ons toekomstige Proteas.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button