Die lewe is ‘n lied by Suid-Natal Primêre Skool
Drie leerders het aan die Ogwini Atletiek byeenkoms by Suid-Natal Hoërskool deelgeneem en al drie het plekke behaal in hul verskeie ouderdomsgroepe.
‘n Kind is ‘n mens in wording – Suid-Natal Primêre Skool besef die waarde van aktiwiteite wat help bou aan kinders se selfbeeld en identiteit. Dit is ook ‘n groot vreugde om af te koel in die swembad ter voorbereiding van die Interhuis Gala.
Suid-Natal Primêre Skool se Christelike “Ligdraers” Kub ontwikkel die karakter en intergriteit van ons leerders. Ons is opgewonde oor ‘n jaar vol moontlikheid wat vir ons wink!
Drie van ons leerders het Vrydag aan die Ogwini Atletiek byeenkoms by Suid-Natal Hoërskool deelgeneem en al drie het plekke behaal in hul verskeie ouderdomsgroepe.
Baie geluk aan Anne-Bell Pieterse wat 3de plek in die 100m en 1ste plek in 800m behaal het, Michael Peyper met 3de plek in 200m en
Liam Venter met 1ste plek in die 1200m behaal. Ons is baie trots op julle en wens julle baie sterkte toe vir die 2de rondte.
‘n Paar van ons Suidies het ook aan die UGU gala gaan deelneem by Southcity College. Baie geluk aan Liam Venter and Zian Janse van Rensburg wat hulle UGU kleure verwerf het!
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
