‘n Week propvol opwinding!
Die senior seuns het teen Izotsha krieket gespeel en hulle seisoen op ‘n hoogtepunt ge-eindig.
Die SPO 3 klas moes robotte bou met vorms wat in Wiskunde bespreek is. Die leerders was baie kreatief en het die baie geniet om die projek te doen. Hulle kon net herwinbare materiaal vir die projek gebruik.
Verlede week was dit ons “klein manne” se beurt op die krieket-veld. Ons Graad 1 – 3 leerders het aan ‘n mini krieket toernooi deelgeneem by South City College. Ons leerders het die toernooi terdee geniet en goeie ondervinding opgedoen.
Ons senior seuns het teen Izotsha krieket gespeel en hulle seisoen op ‘n hoogtepunt ge-eindig.
Ons graad 1-3 leerders het aan ‘n aflos-gala by South City College deelgeneem en baie goed gevaar.
Anne-Bell Pieterse het verlede naweek aan die KZN Atletiekkampioenskappe deelgeneem en ‘n 5de plek in die 800m behaal.
Baie geluk aan al ons Super Suidies!
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
