Schools

Slim, slimmer, koor sing

Die samesyn van koorlede bou vriendskappe en brei leerders se woordeskat uit.

Ons Suidies het nog ‘n besige en opwindende week agter die rug.

Baie dankie aan al ons ouers wat na ons skool se oueraand toe gekom het, dis lekker om belangstellende ouers te hê wat trots op hulle kinders se werk is!

Suid-Natal Primêre Skool se koor het hulle oefentye hervat. Dit is lekker om saam te sing. Die samesyn van koorlede bou vriendskappe en brei leerders se woordeskat uit. Musiek is beslis ‘n slim pret manier om speel-speel te leer terwyl jy jouself gate uit geniet.

Ons sportvelde was net so besig met die verskeie hokkie, netbal en rugby wedstryde. Daar was wedstryde gewen en verloor maar die belangrikste van als is dat die leerders hulself gate uit geniet het!

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button