Suid-Natal Primêre Skool se Graad 6 leerders leer hierdie kwartaal in geskiedenis van demokrasie en leierskap. Hulle moet staan vir president en ‘n veldtog loots.
Verkiesings word later in die kwartaal gehou om die wenner te bepaal. Die leerders werk hard hieraan.
Die graad 3 tot 7 leerders oefen elke middag baie hard ter voorbereiding vir ons interhuis atletiekbyeenkoms op 25 Augustus. Elke leerder kry die geleentheid om deel te neem aan verskeie items. Die leerders geniet items soos hoogspring, gewigstoot, verspring, langafstande en naellope.
SNP’s personeel het ‘n pret hokkiewedstryd teen die 1ste meisies span gespeel en beide spanne het hulself gate uit geniet. Vandag laat ons die aap uit die mou oor… ‘Met spek skiet’ beteken om onwaarhede te vertel.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
