Saps en GPF besoek Suid-Natal Primêr
Fathima Moosa wat ons leerders vol geesdrif en passie kom toespreek het oor belangrike onderwerpe insluitend misdaad, gevaar, beskerming en boeliegedrag.
Ons Super Suidies was baie bevoorreg om ‘n besoek vanaf SAPS (Suid-Afrikaanse Polisie Diens) en GPF (Gemeenskap Polisie Forum) te ontvang. Baie dankie aan konstabel Nzama, konstabel Khena en Me. Fathima Moosa wat ons leerders vol geesdrif en passie kom toespreek het oor belangrike onderwerpe insluitend misdaad, gevaar, beskerming en boeliegedrag.
Ons Suidies is reeds hard aan die werk in Kwartaal 2. Die leerders lees graag storieboeke in Afrikaans en Engels. Voorlesing word ook geniet en ons het kranige boek lesers. Ons sien uit om eendag een van ons eie leerders se boeke in n boekwinkel te sien.
Baie geluk aan Corné Klooster, Chinique du Plessis, Juno Le Roux en Danielle Möller (nie-reisende reservaat) wie die UGU netbal span behaal het. Die meisies neem Vrydag deel aan die KZN proewe en ons wens hulle baie sterkte toe.
21 van ons Suidie-seuns het deelgeneem aan die Laer-Suidkus proewe en 13 seuns het dit deurgemaak na die volgende rondte van die Suidkus rugby proewe. Al die beste manne!
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
