Hidrouliese avonture en sport-triomfe by Suid-Natal Primêr
Daar was ook KZN krieketproewe in Durban, brekende balle binne bogenoemde bakens van balvaardigheid, terwyl hulle strewe na sukses op die veld.
Suid-Natal Primêr se graad 7s het die afgelope week aan hulle Tegnologie se Mini-PAT assesseringstaak gewerk.
Hulle het geleer van hidrouliese koppelings en die leerders het dit baie interessant gevind.
Hulle het hidrouliese snyers en ooprekkers, wat deur noodwerkers gebruik word, gebou in die klas. Die leerders het dit terdeë geniet en baie oulike idees het vorendag gekom.
Op die sportveld, het ons senior krieketspanne het teen Creston College gespeel.
Daar was ook KZN krieketproewe in Durban, brekende balle binne bogenoemde bakens van balvaardigheid, terwyl hulle strewe na sukses op die veld.
Ons O12 en O13 hokkie bokkies het aan die Ugu hokkieproewe by Creston College gaan deelneem.
Ons junior swemmers het aan ‘n Interskole-gala te Creston College deelgeneem en goed presteer.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“Alte goed is anderman se gek” beteken as jy alte goedhartig is, maak ander daar misbruik van.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
