Schools

Hoërskool Suid Natal deelname aan atletiek series

"Ons atlete het baie goed gevaar en Camilla Anderson, Jaden McIntyre en Liandie du Toit was die sterre van die hele series."

Hoërskool Suid Natal High School het deelgeneem aan die aQuellé Atletiek Series in Pietermaritzburg die afgelope agt weke.

Ons atlete het baie goed gevaar en Camilla Anderson, Jaden McIntyre en Liandie du Toit was die sterre van die hele series.
Ons drie atlete was uitgenooi na die prysuitdeling op 9 Maart in Pietermaritzburg.

Liandie het 3de in die O20 meisies afdeling geëindig, na sy net aan twee van die vier series deelgeneem het.
Camilla en Jaden is albei as beste O20 atlete in die seuns en dogters afdelings aangewys en daarna is hulle ook as die beste algehele atlete van die hele reeks, van alle ouderdomsgroepe, aangekondig.

Hul onderskeie ASA punte wat aangeteken is Camilla 5822, Jaden 5029, Liandie 2757.
Ons dogtersafdeling het ook algeheel 3de geëindig en ons seuns 5de. .

Die skool het ook ‘n spesiale toekenning, van aQuelle gekry omdat daar moeite gedoen is om die kinders die geleentheid te bied, al was dit ver en tydrowend.

Hiermee sê ons ook dankie aan elke leerling vir hul deelname en aan elke ouer wat soms tot 12 uur die nag moes wag, dat die atlete tuiskom.
Ook sê ons dankie aan Delaray du Preez, Gerhard van Zyl, JP Bothma en Grant Marks vir hul opoffering om die atlete elke Woensdag, vir vier weke, te vergesel het.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button