Suid-Natal Primêr blink uit in Sport, Redenaars en Akademie
Akademies doen die Graad 6-leerders óók baie goed.
Proewe is gehou vir die skool se 1’ste netbal, rugby en krieketspanne en die jong atlete het behoorlik meegeding om hul plekke in die spanne te verseker. Afrigters en spelers werk hard en almal sien uit na ’n suksesvolle seisoen.
Buiten sport, het ons Suidies ’n opwindende kultuurgeleentheid beleef deur aan ’n interne Redenaarskompetisie deel te neem. Die leerders het hard gewerk om hul toesprake te slyp en hul aanbieding te vervolmaak. Dit is ’n wonderlike geleentheid vir hulle om selfvertroue te bou en hul redenaarsvernuf te wys.
Akademies doen die Graad 6-leerders óók baie goed. Hulle het geleer hoe om koördinate te lees en plekke op ’n kaart te vind – ’n belangrike vaardigheid in Geografie. Verder weet hulle nou alles oor die geskiedenis van Mapungubwe en die ryk erfenis van hierdie antieke beskawing.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“ ’n Jansalie”: ‘n lamlendige vent; ‘n persoon sonder energie…
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
