Suid-Natal Primêr blink uit in akademie en sport
By Suid-Natal Primêre Skool is die leerders besig op verskeie gebiede.
By Suid-Natal Primêre Skool is die leerders besig op verskeie gebiede. Ons leer hard aan toetse om sodoende uitstekende punte te verwerf in Kwartaal 1. Akademie is uiters belangrik en leerders werk baie hard.
Op die sportvelde is leerders opgewonde oor die hokkie, netbal, krieket en rugby wat beoefen word en leerders oefen hard aan hul vaardighede en fiksheid. Ons sê sterkte vir die senior leerders wat gaan deelneem aan proewe om die Eerste spanne van hokkie, netbal en rugby te behaal. Hierdie spanne gaan aan die einde van die kwartaal aan ‘n sporttoer deelneem.
Saterdag sien die Suidies uit om ‘n mini-kriekettoernooi aan te bied waar al die plaaslike skole gaan deelneem.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“ ‘n Jansalie” : ‘n lamlendige vent ; ‘n persoon sonder energie..
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
