RO-leerders berei ywerig voor vir eksamens
Met harde werk en 'n positiewe houding wys hierdie leerders dat hulle gereed is vir die uitdagings wat voorlê.
By die skool is die RO1-tot RO4-leerders tans volstoom besig met eksamenvoorbereiding. Met spanwerk, deursettingsvermoë en ‘n gesonde dosis humor pak hulle die uitdagings aan. Elke leerder bring iets unieks na die klas, wat bydra tot ‘n energieke en ondersteunende leeromgewing.
Die RO4-leerders werk intussen hard aan hul NW-projek oor sonvangers. Hulle is besig om tuis die projek te voltooi en sien uit om te toets of hul sonvangers suksesvol sal wees.
Met harde werk en ‘n positiewe houding wys hierdie leerders dat hulle gereed is vir die uitdagings wat voorlê.
Vandag laat ons die aap uit die mou oor…
“Kort van hare wees”: dom wees.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
