LettersOpinion

OPINION: ‘Kan iemand die vraag beantwoord?’

Ons het nog nooit vir ons posbus betaal nie omdat hier geen straataflewering is nie.

GEAGTE Redakteur,-

Ons wonder net wat die toedrag van sake is by die Ramsgate poskantoor en ander, in verband met die posdiens.

Ons het hier ingetrek 1994 en het nog nooit vir ons posbus betaal nie omdat hier geen straataflewering is nie. Nou het ons hierdie vuil, gekreukelde en slordige kennisgewing van die poskantoor in Ramsgate ontvang.

Soos julle kan sien is dit nie op ordentlike skoon papier getik nie. Spaar die poskantoor? En dan, is daar nou al straataflewering gereel? Ons sien niks daarvan nie. Verlede jaar was dit dieselfde storie. Sommige mense het posbushuur betaal, en toe is steeds geen straataflewering gedoen nie. Gaan dit nou hierdie jaar ook gebeur?

Is daar enige iemand wat lig op hierdie onderwerp kan plaas, sodat ons (ons is terloops pensioenarisse) nie ons kosbare geldjies mors en onnodig geld spandeer aan geen diens nie?

POSBUSGEBRUIKERS

Ramsgate

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button