BlogsOpinion

Is jy ‘n positiewe, navolgingswaardige rolmodel?

’n Rolmodel dien as inspirasie of voorbeeld vir ander.

’n Mens hoor soms dat iemand ’n rolmodel vir ander is. ’n Rolmodel is iemand wat oor sekere kwaliteite of eienskappe beskik wat ander bewonder en streef om na te volg. ’n Rolmodel dien as inspirasie of voorbeeld vir ander. Ons sê dat so iemand se optrede en aksies ’n positiewe impak op iemand se lewe het. Jy kan op so iemand peil trek want al is hy of sy ook feilbaar, erken die persoon sy of haar foute. ’n Rolmodel kan ook optree as ’n mentor vir ander. Paulus en sy medewerkers was sulke rolmodelle vir die gemeente in Tessalonika, veral Paulus. 1 Tess. 1:6. Die Griekse woord word ook gebruik vir mimiek, om iemand na te boots. Die foto wat mens bybly is die van die pa wat groot spore op die nat seesand trap. Agter hom loop sy vyfjarige seun en hy trap presies in sy pa se spore. Sy pa is inderdaad vir hom ‘n rolmodel. Elkeen van ons het ook so ‘n rolmodel in ons lewens nodig, hetsy by die werk, in die kringe waarbinne ons beweeg of die sportklub of ook by die kerk. Natuurlik is dit ook so dat mens ‘n anti-rolmodel kan wees. Die punt is egter dat ons as Christene, positiewe en navolgenswaardige lewens moet modelleer vir ander wat na ons opkyk.

Hoe kan ’n Christen ’n goeie rolmodel wees? Nooi doelbewus die Heilige Gees jou lewe in deur plek te gee aan die Gees in jou woorde, gebede, optrede, drome. Hy is ’n realiteit en sal jou nader na die Vader toe lei en Jesus in jou lewe meer laat word. Uiteindelik leer ons bly die Rolmodel, Jesus Christus. Elders sê Paulus dit ook aan die Efesiërs: Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het (5:1–2). Soos kinders hulle ouers goeie se voorbeeld navolg, so moet ons Christus navolg. Omdat Hy ons liefhet, het Hy Homself as offergawe gegee sodat ons kan lewe. Só moet jy ook liefhê, nie maar nie net dié wat jy van nature kan liefhê en wat dit vir jou maklik maak om hulle lief te hê nie, maar juis ook dié wat jy net kan liefhê deur jouself te kruisig.

HAVE YOUR SAY

Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button