BlogsOpinion

Potensiële groot gevaar by die Mzimkhulu-brug

Die brug is sowat ’n maand gelede vir herstelwerk gesluit, en die betonversperrings is veral snags moeilik sigbaar.

’n Groot onderwerp van bespreking die afgelope paar dae was die gevaarlike situasie aan die noordekant van die Mzimkhulu-brug waar ’n betonversperring opgerig is. Die bekende nuusman Bevis Fairbrother het motoriste gewaarsku om uiters versigtig te wees omdat daar geen behoorlike waarskuwingstekens is nie, iets wat hy gladnie kan begrip nie. Minstens drie voertuie het reeds daarin vasgery.

Die brug is sowat ’n maand gelede vir herstelwerk gesluit, en die betonversperrings is veral snags moeilik sigbaar. Van ons besoekers het ook op die gevaar daarvan gewys, en kon nie verstaan waarom die Departement van Vervoer nog nie duidelike waarskuwingstekens aangebring het nie. Almal het onderneem om die probleem aan soveel mense as moontlik te noem, en gehoop die departement sou vinnig optree, en ons hoop ons lesers neem ook kennis. Toe hierdie rubriek geskryf is, was daar nog geen reaksie nie.

Verlede naweek se rugby het nogmaals gemengde gevoelens veroorsaak. Die Sharks het ons weereens met hartkloppings gelaat deur ’n fantastiese drie net voor die eindfluitjie te druk en ’n nederlaag in ‘n oorwinning te omskep. Die wedstryd het egter weereens bewys iewers is daar nog iets verkeerd. Dalk het Shaun Everitt, hul vorige afrigter en nou by Leinster, dalk geweet hoe om die spelers om te krap want ons het lanklaas ‘n wedstryd gesien waartydens die humeure so gereeld opgevlam het.

Die Stormers het ook gewen, maar dit het by tye sukkel-sukkel gegaan, en hul verdediging was soms net so swak as wat hul aanvallende spel goed was. Ons het ons egter verkyk aan Sascha Feinberg-Mngomezulu. ’n Rugby-genie, volgens Oom Pottie. Hoop nie hy sukkel weer vorentoe met beserings nie. Die Bulle het Suid-Afrikaanse spanne se naam indrukwekkend help hoog hou, maar die arme Lions! Ek kry hul ondersteuners jammer. Sedert Cash van Rooyen ses seisoene gelede as afrigter oorgeneem het, word briljante vertonings met groot teleurstellings, soos verlede Saterdag afgewissel. Pottie meen dis waar die hoofprobleem lê.

Krieket: Die Indiese professionele liga is vanjaar minder interessant omdat minder Suid-Afrikaners gereeld speel. Tristan Stubbs en Ryan Rickleton is ons gunstelinge. Beleggings vir die toekoms. Hoop Dewald Brevis, wat ook nou daar is, kry speelkans. Dit bly nietemin interessant om te kyk en hier in die Watergat is dit, saam met die tennistoernooie, lekker afleiding onderwyl die skuimkoppe gesluk word.

Ons loopstorie: ’n Man neem sy vrolike en lewenslustige steekhaarbrak na die veearts en lig hom in ‘daar skort iets ernstigs met my jollie Lollie se spysvertering. Hy doen sy besigheid oral – op ons vloere, matte, stoep, patio, grasperk, oprit, noem maar op. Kan jy dalk help, dok?’ ‘Kom ons kyk’, verklaar die veearts. Hy tel die hond op sy tafel en druk hard op die dier se pens. Vreeslike knorre en gromme is skielik hoorbaar in Jollie Lollie se ingewande. ‘Ek is bevrees ek sal hom moet uitsit’, verklaar die veearts ernstig. ‘Net omdat hy ’n los maag het?’ vra die geskokte eienaar. ‘By die deur uitsit,’ sê die veearts. ‘Jou jollie Lollie bollie op my tafel!’

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button