‘n Merkwaardige verhaal: Suid-Afrikaner en sy honde vlug uit die Oekraïne
Opinion piece.
‘n Vriend vra my verlede week of ek gehoor het van die oud-Suid-Afrikaanse krieketspeler en sy vier honde wat onlangs uit die Oekraïne moes vlug om pad te gee voor invallende Russiese soldate. Ek het vaagweg daarvan geweet, en vasgestel die baie interessante verhaal deur Kobus Olivier is deur hom in ‘n boek gedokumenteer. Dit is ook in Suid-Afrikaaanse tydskrifte en die elektroniese nuusmedia vertel.
Ek deel dit met Feverlesers wat nog nie daarvan weet nie: Kobus en vier honde was op 24 Februarie verlede jaar in hul woonstelgebou in die Oekraïense hoofstad Kiëv toe Rusland die land aangeval het. Die kompleks was langs die Peremogi-weg waarlangs die Russe sou beweeg het indien hulle die stad sou beset. Hy het beeldmateriaal gesien van plekke soos Mariopol en Gerson waar die Russe oorgeneem het en waargeneem die geboue langs die paaie waarmee die Russe voortbeweeg het, is ernstig beskadig of totaal verwoes. Hul lot sou dieselfde wees.
Kobus was die skoolhoof van die Astor School in die Mezjigirja Nasionale Park, en die direkteur van die Oekraïense Krieketfederasie. Hy en sy honde het tien dae lank op die sewende verdieping van die gebou geskuil. Ander inwoners van die woonstelgebou kon in die bomskuiling onder die gebou wegkruip, maar sy vier vierpootkinders was te veel vir die reeds beknopte bomskuiling. Hy het die veiligheid van sy badkamer as ? wegkruipplek gekies.
Tiekie, die oudste van die vier honde, het ? jaar nadat Kobus, sy invalide-pa Kobus senior en Tiekie in Junie 2018 in Kiëf kom bly het, kleintjies gekry, Jessie, Kaya en Ollie. Vir hom was dit op ? manier ? wonderlike band met sy pa wat toe ? maand ná die kleintjies se geboorte oorlede is.
Toe die tyding van die dreigende oorlog hom bereik het, het van sy vriende Kobus probeer oortuig om die hondjies agter te laat en te vlug. Sy honde was egter sy gesin, en hy kon dit nie doen nie. Hy het egter sy vriende se waarskuwings dat daar ? oorlog gaan kom, ter harte geneem en nie-bederfbare kosvoorrade, water en hondekos aangekoop. Hy het videos gemaak van hul situasie, Warren Simpson van KFM het daarvan te hore gekom en ? paar oggende in ? ry vir Kobus geskakel en terwyl die bomme in die agtergrond ontplof, het Kobus sy lot met die mense in Suid-Afrika gedeel.
Op 2 Maart 2022 het Kobus besef hy sou moes padgee. ‘n Russiese konvooi het Irpin binnegeval, wat net 15 minute se ry van sy blyplek af was. Hy het boodskappe op Facebook geplaas om te hoor of daar iemand hom met ‘n motor na veiligheid sou kon neem. Igor, ‘n jong man wat sokker by ? skool afgerig het, het ? gulde geleentheid raakgesien om ekstra geld te verdien. Op die oggend van 3 Maart het Igor hom en die honde kom oplaai. Daarvandaan is hulle na Iwano-Frankifsk, sowat 240 km van die Poolse grens. In die vlugtelingkamp daar was die omstandighede maar sleg. Vriende het hom gehelp om na ‘n kothuis in Glowno, Pole, te reis omdat hulle gemeen het hy sou ? tuiste in Pole kon kry. Hy het ? skoolhoupos en verblyf gereël, maar die Poolse polisie het by hom opgedaag en meegedeel hy word nie meer ? jaar se verblyf as Oekraïense vlugteling gegun nie. Hy moes binne 15 dae uit Pole wees omdat hy nie ? burger van die Oekraïene was nie. Hy het Suid-Afrikaanse burgerskap en sou na Suid-Afrika gedeporteer word, sonder sy honde.
In die middel van die nag het hy vir hom ? motor gekoop, die vier honde ingelaai en na Hongarye gery. By die grens was daar nuwe probleme, onderweg na Kroasië. Omdat Kobus nie ? Schengen-visum gehad het nie, het die doeanebeheer gesê hy moet teruggaan Pole toe. Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in die Oekraïne, André Groenewald, het tot sy hulp gekom, en hy kon na Zagreb, die hoofstad van Kroasië reis. Hy is nou al meer as ? jaar daar, het intussen ? pos gekry by die internasionale Franse skool, en solank hy daar skoolhou, is sy en sy honde se verblyf in Kroasië gewaarborg.
Kobus Olivier het vir 20 jaar lank klubkrieket in die Westelike Provinsie en Boland as ? ervare openingskolwer, 11 jaar lank in Engeland graafskapkrieket, en in Skotland en Holland klubkrieket gespeel. Hy was 14 jaar lank die direkteur van krieket by die Universiteit van Kaapstad. Sy pos as sport-organiseerder by ? skool in Kaapstad is oorbodig verklaar, en boonop moes hy sy baie siek ma versorg. Ná haar dood is hy aangestel as die uitvoerende hoof van Kenia Cricket, en ‘n jaar Jaar later is hy en sy pa Dubai toe. Daar was hy ook die direkteur van krieket en terselfdertyd ’n LO-onderwyser by die Kings’ School Al Barsha. Daarvandaan is hy na die Oekraïene.
Voorwaar ‘n uiters interessante, merkwaardige verhaal.
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
