South Coast Fever

Jou voetspoor

Opinion piece by Oom Kallie.

Die sogenaamde “human footprint” of menslike voetspoor, verwys na die kwantitatiewe impak wat die mens op die aarde uitoefen. Agt biljoen mense en dit sluit elkeen in wat hier lees, is daagliks besig om of ’n spoor van verwoesting of ’n spoor van genesing op planeet aarde te laat. Aardverwarming, onverantwoordelike bevolkingsgroei, die uitkap van bome, besoedeling, dit alles is deel van die mens se voetspoor. Dit hoef natuurlik nie so te bly nie. God se mense laat eerder ’n positiewe voetspoor agter. In Psalm 114 lees ons van die impak wat God se ingryping op die skepping en op Sy mense se bestaan het. Natuurlik is dit geloofstaal, waarin verwondering en hoop ’n belangrike rol speel.

Die see wat op die vlug is, verwys natuurlik na die Rietsee wat gekloof is en waardeur die volk droogsvoets getrek het. Hierdie ingrype op die gebied van die natuur het ‘n besondere betekenis gehad. In die Ou-Testamentiese tyd is die see gesien as die plek wat naby die doderyk is. Onder die aarde was die doderyk en die water het mos onder die aarde ingespoel. So was daar ‘n baie noue verbintenis tussen die see en die doderyk. Die see is gesien as die terrein van die chaosmagte. Nou word daar juis gesê dat as God ingryp en sy volk verlos, dan gee hierdie watermassa en die chaosmagte pad. Uit vrees en bewing vlug hulle. Die berge spring rond soos ramme en die rante soos lammers. Die berge was in die Ou Testament die simbool ivan onwrikbaarheid en standvastigheid. Dit wat deur al die eeue vas en stewig staan, spring egter rond soos ramme en soos lammers as God ingryp om sy volk te red. Hier het ons ‘n belydenis dat selfs dit wat vir ons absoluut onwrikbaar of onafwendbaar lyk, nie onafwendbaar is nie. Wanneer God ingryp, verander die lotgevalle van Sy mense, van die hele Skepping, soos ons ook op Golgota sien waar Christus die magte van dood en hel oorwin het. Jy volg en glo mos in ’n lewende Here. Waar het jy ’n nuwe voetspoor begin trap na Sy ingrype in jou lewe? Hoe sal jy daarvoor dankie sê: dalk met ’n voetspoor van hoop?

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button