South Coast Fever

Stiltetyd

Is jy deel van 'n omgee-gemeenskap?

‘As ek regs kyk, sien ek niemand is my goedgesind nie. ‘n Skuilplek is vir my verlore; niemand is begaan oor my lewe nie.’
So lui die kreet van die Psalmis in Psalm 142.
Dit is woorde wat mens diep raak. Hoe tragies dat hierdie kreet, ja, hierdie wanhoopskreet en verwyt, in ons tyd so dikwels gehoor word.
Hoe tragies dat dit ‘n kreet is wat deur die eeue weerklink. Dit is die wanhoopskreet van die digter van Psalm 142. Ek soek hulp, maar niemand wil help nie, … en niemand is begaan oor my lewe nie. nie, sê hy.
Onthou ons nog van die slag toe Jesus by die bad van Betesda gekom het en daar ‘n man gelê het wat al baie jare siek was.

Toe Jesus hom gevra het of hy nie ook gesond wil word nie, het hy geantwoord dat hy niemand het nie.
Die sieke het al vir jare alleen gely.
Sy lyding was meer as net ‘n fisiese lyding. Hy het ook diep gely vanweë die feit dat hy verwerp is deur sy familie en vriende en gemeenskap.
Hy kon saam met die Psalmis uitroep: Ek soek hulp, maar niemand is begaan oor my lewe nie.
Dit is verskriklik om alleen te wees, om niemand te hê wat oor jou begaan is nie.
Rondom jou is die mooiste skepping, die see en die natuur en die sonskyn, maar jy is alleen.

Jy is op jouself aangewese. Ons hoor die noodkreet in die stem van kinders. Kinderstemme wat roep om hulp maar daar kom geen antwoord nie.
Ons hoor die noodkreet in die stem van bejaardes. In hulle oudag voel hulle uitgestoot, eensaam en alleen.
Hulle geheue of gesondheid is nie meer wat dit was nie. Depressie het een van die ernstigste siektes van ons tyd geword. In eensame tye kan ons ons na die Here wend.
Jesus was van God en mens verlaat. Tog is die kerk, of die plaaslike gemeente, as liggaam van Christus, die plek waar mense moet ervaar dat vir hulle omgegee word.
As jy deel is van so ‘n omgee gemeenskap, vir wie gee jy om en na wie kan jy uitreik vandag?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button