South Coast Fever

God se majesteit strek oor oor die hele aarde en hemel

Stiltetyd by Oom Kallie.

Het jy al soms lus gevoel om sommer uit te breek in ‘n lofsang?

Om ‘n lied te sing wat uit jou hart kom?

Soms word mens meegevoer deur ’n massakoor wat die mooiste sang en musiek laat weerklink.

Die lied se inhoudelike is belangrik, maar dis die sang wat aan mens se hart raak.

Psalm 148 is so ‘n loflied wat mens laat dink aan ‘n massakoor wat God se lof besing.

Die Psalmis gee erkenning aan die Skepper van hemel en aarde.

Voortdurend word daar gesê dat die Here geloof moet word.

Die hele skepping, die ekologie, die engele en magte moet Hom loof.

Die son en maan, die helder sterre, die oseaan, die visse en ander wesens in die oseaan, die voëls wat vlieg, ja alles moet die Here loof en prys.

Die son, maan en sterre is destyds aanbid as gode.

Die groot lig vir die dag en die kleiner ligte soos die maan en die sterre vir die nag.

As die Psalm sê dat die hemelligame God moet prys kan mens nie anders as om aan God se skeppingsdade te dink nie, want Hy het alles geskep en in die lewe geroep.

Die feit die naam van die Here verhewe is, beteken dat niks met Hom vergelyk kan word nie.

Hy is die universele Skepper-Koning. Sy majesteit strek oor die hele aarde en oor die hemel!

Sy naam alleen is hoog verhewe, Sy luister reik oor aarde en hemel.

Tweedens word alles op aarde opgeroep om die Here te prys omdat Hy sy volk mag gegee het.

Dit is die roem van sy troue dienaars, die volk naby wie Hy is.

Ons lees ook in die skeppingsverhale dat God aan die mens duidelike skeppings -opdragte gee.

Hy sê dat die mens oor die skepping moet heers.

Maar Hy sê ook dat die mens moet dien in die skepping. Hoekom?

Dit vind ons juis in Genesis 1:26. Die mens is geskep as die skaduwee van God.

As die verteenwoordiger van die Here moet ons hier namens Hom en ter wille van Hom leef en werk. So werk ons mee aan die loflied wat Skepper van hemel en aarde waardig is.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button