South Coast Fever

Stiltetyd: Is liefde saam op jou 2025-roetekaart?

Dis 2025 en die meeste van ons is terug op kantoor, of amper skool toe, of terug van die kuier by die kinders en kleinkinders. Daar is baie onbekende terrein om te verken in die nuwe jaar. Petrus gee in 2 Petrus 1:5-7 aan Christus volgelinge ’n roetekaart om te volg in die Nuwejaar in.

Dis 2025 en die meeste van ons is terug op kantoor, of amper skool toe, of terug van die kuier by die kinders en kleinkinders. Daar is baie onbekende terrein om te verken in die nuwe jaar.

Petrus gee in 2 Petrus 1:5-7 aan Christus volgelinge ’n roetekaart om te volg in die Nuwejaar in. Hoe lyk hierdie roetekaart? 2 Petr 1:5-7 roep Christus volgelinge op om hul geloofslewe te verryk.

Soos ’n boer wat ’n plaas ontvang het en nou moet begin boer, so bou ons in ons geloofslewens in op wat ons van die Here ontvang het. Petrus voeg drie dinge daarby wat hy reeds genoem het, waarmee mens as Christen jou geloofslewe verryk: nl. godvresendheid, broederliefde en liefde vir alle mense.

Godvresenheid kan ook dui op ’n toegewyde lewe. ’n Toegewyde lewe is ‘n lewe waar leer en lewe ooreenstem. Dit som eintlik die eerste tafel van die wet op, die liefde vir God.

Dan is daar boederliefde (filadelfia – liefde of toegeneentheid vir gelowiges) Dit som eintlik die tweede tafel van die wet op, die liefde vir die naaste.

Ons moet as medegelowiges mekaar liefhê en vir mekaar omgee as vriende vir mekaar, as mense wat aan mekaar behoort. Dit is wat die woord filadelfia beteken, om jou verbintenis met ander ernstig te neem.

Dieselfde geld in die laaste aspek, in die: liefde vir alle mense (agape – liefde wat oorloop van waardering). Dit is die tipe liefde waar ons bereid is om van onsself te gee, om van onsself op te offer, om die beste in ander na vore te bring, omdat ons die ander hoog ag, omdat ons die ander waardeer.

As dié dinge egter ontbreek in jou geestelike lewe, as jy vir middelmatigheid mik, as jy weier om te groei in jou begrip van wat God van jou vra, as jy geen selfbeheersing aan die dag gaan lê nie, as jy nie gaan volhard in goeddoen saam met ander nie, as jy in jou toewyding aan God gaan verslap, as jy jou medegelowiges nie gaan liefhê nie, en jouself nie gaan opoffer vir ander mense nie, dan is jy sonder ’n roetekaart, sê Petrus.

Hoe lyk jou roetekaart vir 2025?

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button