Die powere dienslewering van Ugu duur voort
Redelike stil week agter die rug, maar weereens ’n week waartydens ons ‘regulars’ uiting aan hul frustrasie oor swak dienslewering gegee het. Piet Delport van Manaba het vertel hy het Ugu se kantore vier keer besoek oor ’n foutiewe waterrekening. Hy het oor ’n lang periode sowat R350 per maand betaal, en skielik ’n rekening
Redelike stil week agter die rug, maar weereens ’n week waartydens ons ‘regulars’ uiting aan hul frustrasie oor swak dienslewering gegee het.
Piet Delport van Manaba het vertel hy het Ugu se kantore vier keer besoek oor ’n foutiewe waterrekening. Hy het oor ’n lang periode sowat R350 per maand betaal, en skielik ’n rekening vir verlede jaar ten bedrae van R350 000 ontvang. Dis toe verander na R15 000 toe, en kort daarna meer na R22 000. Hy verstaan eenvoudig nie hoe dit kan gebeur nie. Ek ook nie.
Santie Duvenhage van Margate het ’n soortgelyke probleem gehad. Hul watermeter is vervang omdat dit foutief was en hul rekening drie jaar lank hopeloos te hoog. Nadat die nuwe meter geïnstalleer is, is die rekening nie aangepas nie. Dit het Santie-hulle talle oproepe en eposse gekos om die meter vervang te kry, en nou gebeur dieselfde om die rekening aangepas te kry. Lyk my dis nou maar eenmaal ons lot hier op die Suidkus.
Oor sport het ek vandeesweek min min te sê. Die Sharks was gelukkig om teen die Lions te wen. En die Proteas kort afrigters wat weet wat hy doen. Speel met net een draaier op ’n dooie blad wat geen hulp aan die naatboulers gee nie?
Ons loopstorie kom weer uit Pottie se argief: Stout maar snaaks.
Die dokter stuur die ou oom met ’n prostaatprobleem huis toe met ’n klein, leë plastiekflessie.
Die oom moet die flessie die volgende dag terugbring met ’n monster van sy spermselle.
Die dokter het gedink die ou takie sal so bietjie lank vat om af te handel in die spreekkamer – gegewe die oom se ouderdom.
Die volgende dag is die oom terug; mismoedig met ’n leë flessie.
“Nee, wat dokter, ek het alles probeer. Eers met die regterhand en toe met die linkerhand, maar daar was nie eers ’n klein bietjie beweging nie.”
“Toe vra ek die tannie om te help. Sy het hom ook eers probeer met die hand, eers regs, toe links, maar niks nie. Nie dat sy toe opgee nie. Sy sit hom toe sommer in haar mond, maar hy wil nie roer nie.”
“Dokter, ek het mos so ’n oulike buurvrou. Sy is links en ek dog dalk maak dit ’n verskil. Sy het hom toe so met die linkerhand probeer, toe regs, maar niks. Toe vertel ek vir haar my vrou het dit in haar mond gehad. Sy wou ook nie agterbly nie en het hom dadelik beet daar met die mond, maar geen akkels wat sy uithaal kon hom laat roer nie dokter.”
“Dokter, vir die eerste keer in my lewe doen ek toe ’n vreemde ding. Ek roep die man wat daar by my in die tuin werk garage toe. Ek verduidelik my probleem en vra toe of hy nie wil help nie, aangesien hy so bietjie jonger as ons is. Hy sê dadelik ja en vat dit toe lekker stewig vas, eers links en toe regs, maar niks wil beweeg nie. Hy het toe ’n nuwe plan en knyp hom tussen sy bene vas, so terwyl hy met sy hande ook help druk en dan moes ek probeer om dit te wikkel. Ek skaam my dood as iemand daar moes inloop, en dit wou nie eens help nie.”
“Nou is ek terug hier by jou dok, want geen d*nnerse mens gaan ooit hierdie flessie oopkry nie!”
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Herald’s Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
