South Coast Fever

Ons troos is ons behoort aan Jesus Christus

“Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel,” staan daar in Matteus 5: 3 geskrywe.

Afhanklikheid word soms negatief geïnterpreteer. Mens kry iets soos “dependent personality disorder,” wat dui op mense wat staatmaak op ander om te voorsien in hulle emosionele en fisiese behoeftes en dink hulle kan nie vir hulleself sorg nie. Dit mag dalk vreemd op die oor klink as Jesus aan Sy dissipels wat Hom navolg, die belofte gee dat hulle gelukkig sal wees as hulle weet hoe afhanklik hulle van God is. “Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel,” staan daar in Matteus 5: 3 geskrywe.
Nouja, dit beteken nie dat Jesus ’n vae wens uitspreek of ’n onbereikte ideaal vir die toekoms uitspel nie. Jesus se volgelinge is reeds geseënd as hulle weet hoe afhanklik hulle van God is. Dis ’n toestand waarin hulle reeds verkeer as hulle weet hoe afhanklik hulle van God is.

Hierdie afhanklikheid van God beteken dat ek nie krampagtig aan my lewe of besittings hoef vas te klou nie. My lewe is veilig in die hande van God. Ek is nie afhanklik van omstandighede om gelukkig te wees nie. Soos Paulus wat in die tronk was as gevolg van sy gehoorsaamheid aan die Here, lofliedere kon sing terwyl hy in boeie was, kan ons ook in ons donkerste nag weet, deur geloof weet, dat die Here ons vashou met Sy regterhand en uit daardie hand kan niemand ons ruk nie.
Soos ’n geestelike bedelaar staan ek voor God met die belydenis dat ek voorspoed en teenspoed kan hanteer deur Christus wat my die krag gee. Om te sê dat ek afhanklik van God is, beteken dat ek gestroop voor God staan met niks om aan te bied nie! Ek is in myself eenvoudig, hulpbehoewend en bankrot. Eers wanneer ek weet hóé afhanklik ek van God is, kan ek begin verstaan wat ’n geseënde en gelukkige lewe beteken. Dalk is jy iemand wat leef met die uitgangspunt dat jy niemand nodig het nie. Tot jy by die laaste stasie van jou lewe kom. Ons enigste troos in lewe en sterwe is dat ons aan Jesus Christus behoort. Dis nie patologiese afhanklikheid nie, dis om geanker te wees in Christus.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button