Stiltetyd: Vertrou op God se Woord alleen
In Lukas 7:1–10 kom ons ’n man teë wat alles gehad het – mag, gesag, eer – en tog moes hy erken.
Daar kom tye in ons lewens wanneer ons ontdek dat al ons mag, vaardighede, status of ervaring eenvoudig nie genoeg is nie. Dis in sulke oomblikke dat die Here ons dikwels roep om weer te ontdek wie Hy is. In Lukas 7:1–10 kom ons ’n man teë wat alles gehad het – mag, gesag, eer – en tog moes hy erken: “Here, ek is nie waardig nie… maar spreek net ’n woord.” Dit moes nogal baie gevat het van die Romeinse offisier om hom te verneder en na Jesus te kom vir hulp.
Tog gee hy daarmee erkenning dat net Christus sy slaaf wat tot die dood toe siek was, kon help. Hy oorhandig beheer aan Jesus, Wat wel in die teks staan is dat hy ’n godvresende was en dat hy onder andere vir die Jode ’n sinagoge gebou het. Ons het dus hier met ’n soeker te make. Iemand wat soekend is na die waarheid. Wat ook opval is dat die Jode vir hom intree by Jesus. Dit laat my sommer dink aan ons elkeen se verantwoordelikheid om in die gebed in te tree vir andere by die Here.
Die Joodse familiehoofde stel dit aan Jesus dat hierdie man verdien om gehelp te word. Vanweë sy goeie gesindheid teenoor die Joodse godsdiens, wat op daardie stadium die kerk van die Ou Testament verteenwoordig. Is dit nie, maar ook hoe die wêreld dink nie, kragtens meriete, goeie werke, verdienste. Die evangelie werk anders. In ’n sekere sin erken die offisier dit ook. Ek is dit nie waardig dat iemand vir my intree nie. Ek verdien niks nie. Alles is genade onverdiende guns alleen.
Die offisier is ook nederig. Hy kon Jesus beveel het om na sy huis toe te kom. Hy vertrou Jesus soveel dat hy bereid is om te vertrou op Jesus se woord alleen. Jesus is verwonderd oor die man se geloof. Dis geloof alleen. Geloof is nie om sterk te voel of groot dinge te doen nie. Dis om te glo dat God se woord genoeg is. Dan word sy slaaf gesond. Kom na Jesus vandag met jou gebrokenheid, siekte en vrees. Jesus help. “Here, spreek net ’n woord en dis genoeg.”
HAVE YOUR SAY
Like the South Coast Fever’s Facebook page
