South Coast Fever

Die Christelike hoop gee moed

Ons leef ook in onseker tye. Baie mense wonder of daar nog hoop vir die toekoms is.

Paulus se brief aan die Filippense is geskryf in ’n tyd van groot onsekerheid. Hy het nie geweet of hy sou lewe of sterwe nie.

Hy skryf hierdie brief vanuit die gevangenis waar hy is terwille van sy getuienis vir Christus, en staar die dood hom in die gesig.

Tog getuig sy woorde van vaste hoop. Hy skryf in Filippense 1:21: “Want vir my om te leef is Christus en om te sterf is wins.”

Christus was die dryfveer van sy lewe. Hierdie geloofsperspektief het die gemeente gehelp om bo hul vrese uit te styg.

Ons leef ook in onseker tye. Baie mense wonder of daar nog hoop vir die toekoms is. Wat sal die dag van môre bring? Ons het nie beheer oormôre nie.

Tog wys Paulus se brief aan die Filippense dat God mense selfs deur moeilike seisoene kan dra.

Hoop, die Christelike hoop, gee die moed om aan te hou, selfs wanneer antwoorde nie onmiddellik sigbaar is nie.

Hierdie moed hou is nie dieselfde as positiewe denke nie.

Dit is nie die belydenis van ’n self help ‘guru’ nie. Dit is lewende hoop, want Jesus Christus lewe.

Dit is ’n belydenis dat Christus die dryfveer van Paulus se lewe was en dié van elke gelowige.

HAVE YOUR SAY

Like the South Coast Fever’s Facebook page

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button