Suidies LSEN span wen geesbeker

HSN rugbyspanne het uitstekend gespeel en met baie goeie tellings gewen.

DIE ‘Cansa Relay for Life’ het Saterdagaand plaasgevind en Hoërskool Suid-Natal het vyf spanne ingeskryf. Dit was wonderlik om te sien met hoeveel entoesiasme Suidies aan die projek deelgeneem het. Baie dankie aan hoofdogter Carla du Plessis wat die dryfkrag agter die projek was en baie geluk aan die LSEN-eenheid se span ‘Hope’ wat die Cansa geesbeker gewen het.

Dit was voorwaar ’n baie suksesvolle sportnaweerk teen Durban Akademie gewees. HSN rugbyspanne het uitstekend gespeel en met baie goeie tellings gewen. Die skool wens die Suidie seuns baie geluk en sê dankie vir al die harde werk en opoffering.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button