SNP beplan pret gr R ope dag
’n Paar leerlinge was aangenaam verras as gevolg van die beurse wat hulle ontvang het.
SUID-NATAL Primêre Skool nooi alle 2018 gr R ouers uit na die ope dage op 21 Junie om 9 vir 9.30vm. Kom spandeer ’n uur saam en kry die geleentheid om almal te ontmoet en te sien wat die skool vir u kind kan bied.
YOU MIGHT ALSO BE INTERESTED IN : Suid-Natal Primêr verwelkom skoolhoof Callie Krog
Word deel van die Suidie-familie waar kwaliteit onderrig en gelukkige kinders ‘n prioriteit is. Seniors werk baie hard en presteer ook goed op sport en kultuurgebied.
Suidies het onlangs opedag te Hoërskool Suid-Natal bygewoon en ’n paar leerlinge was aangenaam verras as gevolg van die beurse wat hulle ontvang het.
Die skool is tans besig met Mini-PAT in tegnologie en interessante modelle is ontwerp en word hierdie week gebou.
Intussen is die eksamen in volle swang en akademie geniet nou voorkeur.
HAVE YOUR SAY
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram
For news straight to your phone, add us on BBM 58F3D7A7 or WhatsApp 082 421 6033
